Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/04/2008

Oosterse fondue / Eastern Fondue

Laat 250 g vleis per persoon toe.
Varkvleis: enige snit behalwe die skenkel kan gebruik word.
Lamsvleis: dikrib, lende, kruis of boudvleis.
Beesvleis:-dikrib, lende, fillet, kruis of diklies.
Klein varkworsies, blokkies skaap of kalfslewer tot skaapniertjies kan ook gebruik word.


1,5 kg kalfs-, vark- of beesfilet
2 uie fyngekap
1 knoffeltoontjie gekneus
15ml botter
200ml droë wit wyn
1 liter vleisaftreksel
Vars gemaalde swart peper na smaak
30ml halfsoet sjerrie
Soteer uie en knoffel in verhitte botter. Voeg wyn, peper, sjerrie en vleisaftreksel by en prut vir 5 minute.Hou aftreksel kokend en sny vleis in papierdun skyfies. Ryg op fondue vurkie en doop in vleisaftreksel.

Doop vleis in sous en sit voor met Franse brood en uitpakslaai.

No comments :

Post a Comment