Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/16/2008

Cheddar

4½ liter melk
114 g mesofil kultuur (vra by 'n korporasie) of suurmelk
¼ lebekstraktablet
1 teelepel sout

Verhit die melk tot 33ºC.

Roer die mesofil by en laat staan vir een uur.

Los die lebekstrak op in koue water en meng dit by die melk. Roer vir ten minste vyf minute. Laat staan vir 2 ure teen kamertemperatuur.
Die melk behoort dik te word in die tyd.

Sny die stremsel nou in blokke van 3 cm dik. Laat 15 minute staan om dik te word.

Gooi die wei af wat uitloop.
Verhit nou weer die kaas tot 39ºC en kook vir een uur. Roer nou en dan.

Plaas dit in vierkantige kaashouers wat uitgevoer is met kaasdoek en plaas 'n gewig van 9 kg op elkeen. Laat so staan vir 45 minute.

Draai dit om en plaas gewig van 18 kg daarop wat jy so laat staan vir drie ure.

Haal uit, draai om, sit gewig van 23 kg op en laat vir 24 uur staan.

Haal dit nou uit en laat so staan vir vyf dae om uit te droog.
Sit was om en verouder in 'n yskas vir drie tot 24 maande.

No comments :

Post a Comment