Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/18/2008

Ciabatta

Die plat brood het 'n ferm struktuur met baie gate en 'n bros kors. Die brood word tradisioneel in 'n houtstoof gebak. Ciabatta beteken pantoffel in Italiaans.

'n Klein ciabatta wat gerooster is word 'n panino genoem. Die meervoud van panino is panini.

Die brood moet verkieslik op bakteëls of -klip gebak word. Vra by jou naaste bakwinkel.

Maak eers 'n mengsel deur een agste teelepel droë gis te meng met twee eetlepels warm water en laat dit staan vir 5 minute. Tot dit romerig is.
Meng nou die gismengsel met een derde koppie water teen kamertemperatuur en een koppie broodmeel. Roer vir 4 minute.
Bedek die mengbak met kleefplastiek en laat dit afkoel teen kamertemperatuur. Dit moet vir ten minste 12 ure so staan.

Nou het jy die volgende bestanddele nodig:
½ teelepel droë gis
2 eetlepels warm melk
'n koppie wat twee derdes vol water teen kamertemperatuur is
1 eetlepel olyfolie
2 koppies broodmeel
1½ teelepel sout

Meng die gis en melk en laat dit vir 5 minute staan. Tot dit romerig is.
Gebruik jou klitser om die mengsel te meng met die mengsel wat al vir ten minste 12 ure staan asook die water, olyfolie en meel. Jy moet jou klitser se deegmengers gebruik teen die laagste spoed. Meng vir omtrent 3 minute.
Voeg die sout by en meng 'n verdere 4 minute.
Gooi jou deeg uit in 'n bak wat jy met olyfolie gesmeer het.
Laat dit staan teen kamertemperatuur tot die mengsel ten minste verdubbel het. Dit behoort so 1½ uur te neem.
Nou kry jy twee bakplate gereed met bakpapier waarop jy meel gestrooi het.
Deel jou deeg in twee op 'n meelbestrooide oppervlakte. Plaas elke stuk deeg op 'n bakplaat in 'n tradisionele pantoffelvorm. Jy kan 'n paar duike met jou meelvingers maak bo-op. Bestrooi die bokant met meel. Bedek dit met klam afdroogdoeke en laat dit so staan vir omtrent 1½ uur, tot dit verdubbel.
Sit jou bakteëls so 45 minute vooraf op die laagste rak in die oond met die temperatuur op 200°C.
Gly die ciabatta met bakpapier en al af tot op die teëls. Bak die brood vir 20 minute tot gaar. Plaas die iewers om af te koel.

Omtrent elke streek in Italië het sy eie weergawe van die ciabatta. In Rome word byvoorbeeld marjolein tradisioneel bygevoeg.

Wanneer volgraan meel gebruik word staan dit bekend as ciabatta integrale en wanneer melk in die deeg gebruik word is dit ciabatta al latte.



2 comments :

  1. Hello daar,

    Baie dankie vir n puik "recipe site". Hou baie
    van alles wat jully vir ons stuur.
    Ek wil net n klein gunsie vra. Is dit moontlik
    dat julle vir my kan sê hoe mens "Ciabatta"
    uit spreek. Vernaamlik in Engels. Soveel
    mense sê dit op verskillende maniere en sê
    dat julle dit reg sê.

    Baie dankie

    ReplyDelete
  2. Anonymous15/2/12 10:46

    [tʃaˈbatta]

    http://www.howjsay.com/index.php?word=ciabatta&submit=Submit

    ReplyDelete