Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/18/2008

Brood / Bread


Die mees algemene soorte brood wat jy by jou bakkery sal raakloop is:



  • Baguette:
    Die Franse brood het 'n lang, dun vorm en is sag met 'n bruin kors. Die brood is in die vorm om die maksimum hoeveelheid kors te verkry.


  • Brioche:
    'n Witbrood wat met baie botter en eiers gemaak word. Dit kom in verskeie vorms en is effens soet.


  • Ciabatta:
    Die plat brood het 'n ferm struktuur met baie gate en 'n bros kors. Die brood word tradisioneel in 'n houtstoof gebak. Ciabatta beteken pantoffel in Italiaans.


  • Farina: Hierdie is 'n Marokkaanse brood wat op klippe gebak word.


  • Kitka: Die witbrood word gevleg en met papwersaad bestrooi. Dit is sag en effe soet.


  • Matso:
    Matso is ongesuurde brood wat tydens die Joodse Paasfees (Pasga) geëet word. Die deeg mag nie fermenteer of rys nie.


  • Melkbrood:
    Dit is witbrood wat met melk pleks van water aangemaak is. Die brood is sag en lig.


  • Pao Doce:
    'n Soet Portugese brood. Lekker vir net so eet.


  • Potbrood:
    'n Witbrood wat in 'n pot of ronde pan gebak word.


  • Rogbrood:
    Die gesondste brood wat jy kan eet. Gemaak van suiwer rogmeel en veselryk. Dit het 'n taaierige tekstuur.


  • Roosterkoek:
    Roosterkoek is tradisioneel gemaak op die dag wat daar brood gebak is op die plaas. Stukkies deeg is afgeknyp en oor die ontbytvuur gebraai.


  • Saadbrood Hierdie is 'n ferm, digte brood. Dit kan effens klam voorkom met 'n neurgeur. Die neutgeur word soms verbeter met die byvoeging van neute. Die brood is veselryk en baie voedsaam.


  • Swartwoud:
    Die brood van rog- en gewone broodmeel word verryk met aartappel en roomkaas. Dit het 'n sterk geur en digte tekstuur met 'n donker kors. Bedien dit saam met kouevleis.

No comments :

Post a Comment