Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/17/2008

Murgpoeding / Marrow Pudding

1 koppie brood krummels
1 koppie melk
250 g murg
125 g rosyntjies of korente of 80g van elk
Suiker en gemaalde neutmuskaat na smaak

Kook die melk, gooi die warm melk oor die broodkrummels en laat dit staan vir ½ uur.

Sny die murg in stukkies, klits die eiers en voeg by die krummels.
Voeg die res van die bestanddele by die broodkrummels. Plaas dit dan in 'n gebotterde vorm en kook vir 2½ ure of plaas dit in in 'n tertbak wat uitgevoer is met puff pastry en bak vir 3 - 4 ure.

Voor die tert op die tafel geplaas word strooi so bietjie strooisuiker en neutmuskaat oor.


Resep: Grietjie

No comments :

Post a Comment