Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/02/2008

Ekmek

Ekmek is Turkse brood wat lig en effens suur is.

(maak twee brode)

7½ koppies meel
¾ koppie water
5 teelepels droë gis
1 teelepel suiker
2 koppies warm water
2 teelepels sout

Meng ½ koppie meel en ¼ koppie water in 'n bak. Bedek en laat oornag staan.

Die volgende dag voeg jy nog 'n ½ koppie meel en ¼ koppie water by, meng en laat oornag staan.

Dag drie doen jy dit weer.

Dag vier meng jy die suiker, gis en warm water. Laat dit staan vir 10 minute.

Breek die deegmengsel in kleiner stukke en roer die sout en nog vier koppies meel by. Roer nou die oorblywende meel by, 'n ½ koppie op 'n slag. Wanneer die deeg begin styf raak kan jy dit begin knie op 'n oppervlakte wat jy met meel bestrooi het. Knie tot dit elasties is. Sprinkel nou bietjie meel oor die deeg, bedek en laat dit rys tot dit verdubbel het.
Deel die deeg in twee en knie elke stuk vir drie minute.
Vorm elke stuk in 'n digte stuk wat jy dan ovaalvormig uitrol tot dit sowat 38 x 30 centimeter groot is. Sit elkeen op 'n oondpan, sprinkel meel oor en bedek met 'n droë doek. Laat dit nou weer rys tot dit dubbel in grootte is.

Bak vir 40 minute teen 220ºC. Sproei drie keer met water tydens die eerste 15 minute.

No comments :

Post a Comment