Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/02/2008

Rooibokstert / Impala Tail

Eintlik kan enige wild se stert gebruik word, vermeerder of verminder net die bestanddele.

wildstert
sout en peper
bier
lourierblaar
spek
uie, in ringe gesny
knoffel (opsioneel)
kookolie
heel naeltjies

Sny die stert al in die litte langs in stukke.
Braai saam met uieringe en knoffel in kookolie.
Wanneer dit mooi bruin is gooi jy bier by en ’n skootjie soetwyn.
Voeg die sout, peper, lourierblaar en naeltjies by.
’n Goeie manier om heel naeltjies by te voeg is om dit in ’n klein ui te druk en dan die ui by te voeg.
Kook tot sag.

bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment