Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/16/2008

Rissiesous / Chilli Sauce

Ek het 'n nuwe maklike resep uitgewerk vir 'n rissiesous. Ek gebruik die rissies wat in my tuin groei, maar wat ek nie ken nie. Dit lyk soos blomme en brand die hel uit jou uit, maar het baie vleis. Onthou die brand is in die pitte. Ek het die rissies ook elwe gedoop want dit lyk soos 'n elf se hoed. (miskien habanero - red.)

Gebruik ± 15 hoedjies. Sny dit in klein stukkies en sit in 'n pan op lae hitte. Voeg by 'n ½ koppie suurlemoensap en asyn. Roer aanhoudend. Voeg by een groot opgehoopte eetlepel bruinsuiker en roer tot sag. Sit in versapper en versap. Dit behoort 'n stewige sous te maak.

resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment