Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/03/2008

Farina

Farina is 'n Marokkaanse brood wat op klippe gebak word.

Kry vir jou 'n klomp klippe bymekaar, genoeg om die bodem van jou oondpan te bedek.

Verder benodig jy:
1 kg broodmeel
4 koppies water
50 g gis
1 eetlepel sout
1 eetlepel suiker

Meng al die droë bestanddele en voeg die water geleidelik by terwyl jy dit meng. Wanneer jy 'n sagte deeg het plaas jy dit op ’n oppervlakte waaroor meel gestrooi is. Laat dit 10 minute rus.

Vorm die deeg nou in 'n bal, rol in meel, bedek met 'n doek en laat lê vir een uur.

Knie die deeg af vir drie minute. Vorm weer 'n bal en laat lê vir 'n halfuur.

Knie die deeg weer af en laat vir nog 'n halfuur.

Deel die deeg in vier, maak elke kwart plat tot dit omtrent een sentimeter dik is. Verhit die klippe en sodra dit warm is plaas jy die brood daarop en verf die brood met geklitste eier.
Bak 20 minute tot die brood goudbruin is.

No comments :

Post a Comment