Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/03/2008

Maaskaas / Cottage Cheese


4½ liter melk
114 g mesofil kultuur (vra by 'n korporasie)
¼ lebekstraktablet

Meng die melk en mesofil. Los die lebekstrak op in koue water en meng dit by die melk. Roer vir ten minste vyf minute. Bedek en laat staan vir 20 uur teen kamertemperatuur. Die melk behoort dik te word in die tyd.
Sny die stremsel nou in blokke van 12 mm dik. Laat 15 minute staan om dik te word.
Verhit nou die stremsel stadig oor 30 minute tot 43,5ºC. Kook vir 'n verdere 45 minute teen die temperatuur. Roer gereeld. Die stremsel behoort te krimp en af te sak.
Plaas 'n kaasdoek in 'n gaaitjiesbak en dreineer die kaas vir vyf minute.
Lig die kaasdoek met die kaas uit en dompel aanhoudend in yskoue water vir drie minute.
Dreineer en plaas in 'n bak en geur met een teelepel sout of net waarmee jy wil. Verseël en hou in die yskas.

No comments :

Post a Comment