Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/03/2008

Feta

4½ liter melk
114 g mesofil kultuur (vra by 'n korporasie) of suurmelk
¼ lebekstraktablet

Verhit die melk tot 35ºC. Roer die mesofil by en laat staan vir 30 minute. Los die lebekstrak op in koue water, gooi 'n knippie sout by en meng dit by die melk. Roer vir ten minste vyf minute. Bedek en laat staan vir 45 minute teen kamertemperatuur. Die melk behoort dik te word in die tyd.

Sny die stremsel nou in blokke van 3 cm dik. Laat 15 minute staan om dik te word. Gooi die wei af wat uitloop.


Plaas dit in vierkantige kaashouers wat uitgevoer is met kaasdoek. Draai dit om na een uur. Laat dit oornag staan sodat die wei uitloop.
Sny dit nou in kleiner blokke van so 2 x 5 cm en besprinkel met sout. Laat twee ure staan.
Die kaas word nou in soutwater geplaas (15% soutoplossing). Seel die houers goed indien dit vir 'n lang periode moet hou. Onder die regte omstandighede kan hierdie kaas tot 'n jaar hou.

No comments :

Post a Comment