maalvleis van wild
spekblokkies
sout, peper en asyn
vars koolblare
gekapte sprietuie
sampioensoppoeier
melk
meelblom
Kook koolblare liggies in water tot sag maar moet nog heel wees. Meng die maalvleis met al die ander bestandele behalwe melk, meel en soppoeier. Vorm in frikkadelgrootte en rol in meel. Vou elkeen apart in 'n koolblaar toe. Gooi klein bietjie melk in swaarboompot en pak bolletjies styf teenmekaar in. Gooi nog melk in en sprinkel soppoeier bo-oor. Sit deksel op en kook tot gaar.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment