2 kg groenboontjies, gekerf
1 kg uie, in ringe gesny
15 ml sout
500 ml suiker
500 ml asyn
45 ml mielieblom
25 ml suiker
45 ml kerriepoeier
10 ml borrie
Opsioneel: 3 ml elk gemmer, neutmuskaat en 5 ml mosterdpoeier
Kook boontjies, uie en sout tot amper sag. Dreineer. Meng 400 g suiker met 500 ml asyn en voeg by die boontjies en laat opkook. Meng die res van die droë bestanddele met die 250 ml asyn en voeg by boontjies. Laat vir ongeveer 5 minute lank stadig kook. Vul gesteriliseerde inmaakfles en verseël dadelik.
Resep: Petro van der Westhuizen
Die laaste bestandeel van 750ml asyn moet seker 250ml wees, soos aangedui in die metode??
ReplyDeletehoe pas al daai bestadele in n 500ml inmaak vles
ReplyDeleteludwig
Ek dink baie van die vleoistof sal seker wegkook en die groente sal beslis krimp. Probeer en gebruik meer flesse ;-)
ReplyDeleteHoe lank bly so fles vars?
ReplyDeleteHoe lank bly so fles vars?
ReplyDelete