Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/17/2008

Kersie amandelmuffins / Cherry Almond Muffins

Sojameel kan gebruik word in koekresepte solank die sojameel nie meer as 3% van die koekmeel vervang nie en die res van die resep dieselfde gehou word. Vir elke 500g sojameel wat koekmeel vervang moet 500 ml - 750 ml water ook bygevoeg word. Sojameel word in sommige resepte gebruik om melk te vervang. Sojameel kan in brood gebruik word om die deeg te help om meer vloeistof te absorbeer. Sojameel kan ook gebruik word om 'n koek langer vars te hou, want die sojameel absorbeer heelwat vloeistof. Die meel gee 'n mooi tekstuur aan alle koeke en koekies. Dit is uitstekend vir mense wat allergies is vir gluten wat 'n mens in koekmeel kry. Koekmeel kan vervang word deur:

- 2 koppies rysmeel + 2/3 koppie aartappelmeel + 1/3 koppie sagomeel
- dieselfde hoeveelheid sojameel as mielieblom
- dieselfde hoeveelheid sojameel as aartappelmeel
- dieselfde hoeveelheid sojameel as rysmeel

Voorverhit die oond tot 180 C.

1 koppie suiker
½ koppie botter
3 eiers
1 ¼ koppie koekmeel
½ koppie sojameel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
¼ teelepel sout
1 eetlepel + 1 teelepel amandelgeursel
¾ koppie vanilla gegeurde sojamelk
1 koppie gedroogde kersies

Vesiersel van die muffins:
½ koppies botter
½ koppie koekmeel
½ koppie bruinsuiker
1 teelepel kaneel

Room die botter en suiker vir die muffinmengsel. Voeg die eiers een vir een by. Sif all die droe bestanddele vir die muffinmengsel saam en voeg die botter mengsel geleidelik by. Voeg die sojamelk en amandelgeursel by. Voeg die gedroogte kersies by die mengsel. In 'n aparte bak meng die versiersel vir die muffins saam. Gebruik Spray and Cook vir die muffinpannetjies. Neem 'n lepel vol van die muffinmengsel plaas dit in die muffinvorm, neem dan 'n lepel vol van die versiersel, dan weer 'n lepel vol van die muffinmengsel. Herhaal die proses en eindig elke keer met die versiersel van die muffins. Bak tot hulle goudbruin is gewoonlik so 20- 25 min. Wees net bewus daarvan dat sojameel 'n ongewone reuk afgee as wanneer jy daarmee bak.

Resep: Grietjie

No comments :

Post a Comment