o Olie vir die fondue pot
Ansjovis sous:
o ¾ koppie mayonnaise
o puree van 80 g gedreineerde ansjovis
o 1 geskilde knoffelhuisie, fyn gekap
Peperwortelsous:
o ¾ koppie mayonnaise
o 2 eetlepels peperwortel sous
Tamatiesous:
o ¾ koppie mayonnaise
o 2 eetlepels tamatiepasta
o 2 teelepels warm peper sous
Kerriesous:
o 2 teelepels kerriepoeier
o 1 teelepel Dijon mosterd
o 2 teelepels bruinsuiker
o 1 eetlepel gerasperde ui
o 6 eetlepels mayonnaise
o 6 eetlepels gewone jogurt
Meng elke individuele sousie in 'n aparte bakkie. Plaas die vier souse op die tafel vir gaste om te gebruik tydens die fondue. Verhit die olie op die stoof en sit dit op die fondue brander. Verdeel dan die opgesnyde vleis tussen die gaste. Gee elke gas 'n lang fondue vurk. Elke gas kan dan sy vleis na eie smaak gaarmaak en besluit hoe lank dit in die olie moet braai. Stuur die souse rond. Baie populêre resep. 'n Fondue is altyd 'n ware treffer met gaste.

resep: Grietjie
No comments :
Post a Comment