Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/17/2008

Wafels / Waffles

1 ¾ koppie koekmeelblom
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 eetlepel suiker
7 eetleppels sonneblomolie
1½ koppie melk
3 eiers

Voorverhit die waffelyster.

Sif al die droë bestanddele saam.
Plaas die eiergele en -witte in aparte bakkies.
Klits die eierwitte tot dit styf is.
Voeg die eiergele, die melk en die olie by die gesifte meel.
Klits tot daar geen klonte in die deeg is nie.
Vou die styfgeklopte eierwitte by die mengsel in.

Gebruik 'n soplepel om die deeg in die yster te gooi.


resep: Grietjie



(foto Amishah)

2 comments :

  1. Anonymous6/5/12 18:09

    Hoekom lyk die vorm so snaaks?

    ReplyDelete
  2. Anonymous6/10/12 07:32

    Die yster is waarskynlik nie 100% gevul met deeg nie. Elke wafel is dan uniek.

    ReplyDelete