Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/18/2008

Middagete / Lunch

(bedien 2)

½ koppie bruin basmati rys
1 zucchini, in blokkies gesny
1 eetlepel olyfolie
1 koppie ertjies of fava bone
growwe sout en gemaalde pepper
1 koppie gekookte kekerertjies
een derde koppie gekapte okkerneute
¼ klein geskilde komkommer, in blokkies gesny
sap van een suurlemoen
2 eetleppels avokado-olie
2 opgehoopte eetlepels hummus
1 eelepel vars koljanderblare

Kook die rys in kookende water tot dit sag is, dreineer en spoel dan onder die koue kraan. Braai die zucchini in die eetlepel olyfolie tot dit sag en goudbruin is. Kook die ertjies of fava bone tot hulle sag is, dreineer, spoel dan af met koue water. Meng al die gekookte groente saam in 'n slaaibak. Gooi sout en peper by na smaak. Voeg dan die kekerertjies, die okkerneute en komkommer by. Meng die suurlemoensap, avokado-olie, hummus en koljanderblare saam. Verdeel tussen twee borde en gooi die sousie oor en bedien.

Resep: Grietjie

No comments :

Post a Comment