Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/16/2008

Olyfsmeer / Olive Tapenade

1 koppie bruin olywe
1 koppie klein Franse groen olywe (Picholine), ontpit
¼ koppie songedroogde tamaties
1 eetlepel ingelegde kappertjiesaad
1 knoffeltoontjie
1 ansjovisfilet
½ teelepel elk - vars basilie, tiemie en pietersielie
¼ teelepel oregano blare
¼ koppie olyfolie

Gooi al die bestanddele behalwe die olyfolie in 'n versapper en versap tot GROF gekap. Versap verder en voeg olyfolie stadig by. Sit in yskas vir 'n paar uur.

Bedien op:
2 groot snye brood , olyfolie en knoffeltoontjie. Rangskik die brood in 'n bakpan. Smeer olyfolie bo-oor. Voorverhit die oond tot 230°C en bak die brood vir 8 minute tot bruin. Laat afkoel en vryf knoffel bo-oor. Smeer met bokkaas of wat jy van hou, en sit olyfsmeer bo-op.


resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment