Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/16/2008

Varkboud / Pork Shoulder

Ek is bietjie bang om te sê hoe lank 'n varkboud gerook moet word want ek weet nie hoe groot die boud is nie. Kyk in 'n resepteboek vir 'n aanduiding. Weeg ook jou boud ... ek bedoel die vark s'n.

Daar is verskillende marinades wat gebruik kan word vir varkboud maar ek hou van fyn appelkooskonfyt. Marinades kan ook veroorsaak dat die vel brand.

Stop die boud met spek. Dit sal dit sappig hou binne. Knoffel kan ook ingesit word, maar ek beveel dit nie aan nie aangesien jy die boud rook.

Bykosse vir varkboud is patats in skille gekook. Kan met foelie bedek word en op kole gesit word.

resep: Petro van der Westhuizen

Resep by vark

Rasper 1 medium botterskorsie en gooi 'n pakkie lemoenjellie oor. Laat oornag staan en roer net voor opdiening deur.

Probeer bruinrys gemeng met ertjies en pynappel. Bedien dit op slaaiblare en versier met tamaties, komkommer en wat jou mag geval. Dit is dan sommer jou slaai ook.

resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment