Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/04/2008

Pampoen-en-lensie-bobotie / Pumpkin and Lentil-Bobotie

olyfolie
1 ui, fyn gekap
15 ml kerriepoeier
750 g geskilde pampoen, in blokkies gesny
100 ml water
50 ml bruinsuiker
50 ml tamatiepasta
sout
varsgemaalde swartpeper
500 ml gaar lensies
400 ml melk
2 eiers, liggies geklits
1 lourierblaar

Braai die uie in die olie tot dit byna sag is. Voeg die kerriepoeier by. Gooi nou die pampoen en water by. Bedek en laat prut tot dit droog is. Voeg die suiker en tamatiepasta by. Geur met sout en peper en druk fyn. Voeg die lourierblaar by die lensies en pak die pampoen en lensies in lae in 'n gesmeerde oondbak. Meng die melk en eiers, geur met sout en peper en gooi oor die pampoen en lensies. Bak teen 180ºC tot die eierlaag gestol is, ongeveer 40 minute.

Bedien met basmati rys en 'n sambal.

(bedien 4)

No comments :

Post a Comment