Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/04/2008

Peppadew® / Pikantrissie

Peppadew® is 'n handelsnaam vir die pikantrissie, in Hollands soms genoem kaboutermusjes. Ek preserveer dit as volg: 1 k goeie wit asyn, 1 k wit suiker, 1 k water. Kook dun stroop. Voeg halveerde pikantrissies hierby en kook vinnig op. Bottel. (Dit is raadsaam om dit te halveer omdat myne soms 'n goggatjie in kry - ek pluk in my eie tuin.) As jy 'n baie mooi produk soek MOET jy elke liewe pitjie eers uitskraap. By hierdie hoeveelheid stroop voeg ek so vier - ses koppies pikantrissies. As daar stroop oorbly gebruik ek dit bloot as smaakmiddel oor slaai, broodjies en gebraaide hoenderborsies.

bydrae: Minette Strydom


Resep 2

200g skoongemaakte ryp Peppadews (ontpit en slegte plekke verwyder)
1 k asyn
½ k suiker
½ t sout

Kook bogenoemde tot suiker opgelos het. Sit die stoof af en gooi die Peppadews in die oplossing terwyl dit warm is. Laat afkoel en bottel.

resep: Elaine Rossouw

No comments :

Post a Comment