Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/15/2008

Pizza

Wat is nou ´n beter aandete op ´n Vrydagaand as ´n Pizza en Coke. Soveel soorte om van te kies. Elke lid van die gesin kan ook sy eie pizza eet of jy kan een groot een bestel vir die hele gesin. Ek weet nie juis wat pizza uniek maak nie maar wat ek weet is ek het nog nooit van iemand gehoor wat nie van pizza hou nie.

Ons het al baie die kinders gevra waarvoor is julle lus vanaand, dan is dit hierdie kant toe en daardie kant toe, maar sodra ons sê pizza dan sê almal so met een stem ja. Wie nou eintlik eerste begin het om pizza's te maak is nie duidelik nie. Al wat met sekerheid gesê kan word is dat daardie persoon geweet het om meel

en water te meng in ´n deeg en dan die deeg te bak op ´n warm klip.
Die vroeëre Grieke het plankuntos gebak, plat brode met verskeie vulsels bo-oor, hierdie plankuntos is dan gebruik as borde en ook om sous mee te eet uit die opdienbakke.

Daruis die Grote (521 - 486 VC) se soldate het hulle skilde gebruik om plat brode te bak en die brode het vulsels van dadels en kaas oor gehad. Wie sê dat daar nie iets goeds uit ´n oorlog kom nie. ´n Historikus Marcus Porcius Cato (234-149 B.C.), skryf in een van sy boeke van die p

lat ronde brode, met olyf olie, kruie en heuning wat op klippe gebak word.
Ongeveer so 100 NC, was daar ´n Roomse kosguru, Apiciu, wat in sy kookboek haarfyn beskryf het hoe om plat brode met vulsels te maak. Sy resep beskryf die plat brood met die volgende vulsels, hoender, kaas, knoffel, peper, olie, kruisement en denne pitte. Omtrent al die bestanddele maak die basis uit van die huidige moderne pizza.

Op 24 Augustus 79 is Pompeii versteen en tot stilstand gedwing met die uitbarsting van die berg Versuvius, vir die argeoloë was dit jare daarna ´n wonderlike geleentheid om te sien hoe die mense in Pompeii geleef het. Met al die opgrawings wat gedoen is het hulle plat brode gevind. Daar is ook winkels gevind met marmer blaaie en al die gereedskap wat gebruik is om pizza's te maak.

´n Verdere ontwikkeling van die pizza het gebeur in 1522. Dit is die jaar toe tamaties van Peru Europa bereik het. Eers het die mense geglo dat tamaties giftig is. Later het die arm mense begin om tamaties op hulle pizza's te sit. In die 1600 was dit hoofsaaklik mans wat die pizza gemaak het. Besoekers aan Italië het na die arm gedeeltes van Napels toe gegaan om die pizzaioli te proe.

In 1889 het Umberto I, en Margherita di Savoia, koning en koningin van Italië in Napels gaan vakansie hou. Daar het ´n Pizza chef genaamd Raffaele Esposito, vir hulle eendag pizza's voorberei. Die eerste pizza het varkvet, basil en kaas opgehad. Die tweede het knoffel, olie en tamaties opgehad. Die derde een wat hy gemaak het, het mozzarella, basil en tamaties opgehad. Toevallig was dit die kleure van die Italiaanse vlag gewees.

Die koningin was so beïndruk met Raffaele se pizza's gewees. Sy het aan hom ´n brief geskryf waarin sy hom bedank het vir die heerlike pizza's maar veral die laaste pizza. Net daar en dan het Raffaele besluit om die pizza, Pizza Margherita te noem. Vandaar af het die pizza van krag tot krag gegaan.

In Napels het mense behoorlik op elke straat hoek iemand gestaan wat pizza's gemaak het. Verskillende vulsels is gebruik en al die kliente tevrede te hou. Van Napels af is die pizza oor Amerika toe. ´n Italianer het in Chicago rondgeloop met ´n bak Pizza's op sy kop en stukke aan die mense verkoop vir 2 sent.

Die eerste volledige Pizzeria in Amerika is geopen in New York in 1905 deur Gennaro Lombardi. Hierdie stuk het ek maar ingesit om te wys dat Lombard's al lank besig is met kos. In Amerika soos alles het die pizza van krag na krag gegaan.

Gelukkig vir ons hier aan die suidpunt van Afrika het een Italianer ook begin pizza's maak en verkoop. Al wat vir my oorbly om te sê is dankie aan die Italianers vir ´n voortreflike dis wat hulle so deur die jare ontwikkel het vir ons.

deur Frik Lombard

No comments :

Post a Comment