Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/11/2008

Béarnaise

’n Warm, romerige sous ideaal vir geroosterde vleis en vis.

1 eetlepel salotte
2 eetlepels van gekapte kerwel en tarragon
1 takkie tiemie
’n lourierblaar
3 eetlepels asyn
sout en peper
125 g botter
2 eiergele, geklits met 1 eetlepel water
’n skoot suurlemoensap
1 eetlepel gekapte kerwel
1 eetlepel gekapte taragon

Verhit die kruie (behalwe die 1 eetlepel kerwel en 1 eetlepel tarragaon), asyn en sout en peper in ’n pan en kook met twee derdes af.
Voeg die eiergeel by en klop oor lae hitte tot die mengsel verdik het.
Sny die botter in klein blokkies en voeg by terwyl jy aanhoudend die mengsel klop.
Proe vir sout en peper en gooi jou bietjie suurlemoensap by.
Meng die 1 eetlepel kerwel en 1 eetlepel tarragon by.
Gebruik dadelik.

Indien jy vergeet van jou sous en dit begin skif, dan kan jy dit probeer red deur 'n lepel kookwater by te klop.

No comments :

Post a Comment