Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/03/2008

Sosaties / Kebab

Sosaties kom oorspronklik van Maleisië af. In die Kaap kan jy nog proe hoe smaak die oorspronklike weergawe min of meer.

1,5 kg skaapboud, ontbeen en in blokkies gesny vir jou sosatiestokke
250 g skaapvet (wat jy van die boud afgesny het), in kleiner blokkies gesny
1 cm gemmer, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
30 g botter
2 uie, fyngekap
100 ml sjerrie
50 ml water
100 ml witasyn
15 ml kerriepoeier
15 ml suiker
3 lourierblare
3 suurlemoenblare
2 rissies, fyngekap
sout

Verhit die botter in 'n pan en roerbraai die uie tot dit begin verkleur.

Gooi nou die sjerrie, water, asyn, kerrie en suiker by. Kook vir twee minute. laat dit koud word en gooi dit dan oor die vleis en vet saam met die knoffel, gemmer, lourierblare, suurlemoenblare en rissies. Verseël in 'n houer en laat oornag staan in jou yskas.

Ryg die vleis en vet om die beurt in op jou sosatiestokke.
Braai dit vir 15 minute terwyl jy dit verf met die oorblywende marinade. Sout kom op nadat dit gebraai is.

Bedien met rys.

ps. As jy beplan om sosaties te berei, smeer eers 'n bietjie olie aan die stokkie. Dit sal baie makliker deur die bestanddele steek. Indien jy die sosaties oor 'n vuur gaan braai en houtstokkies gebruik, moet jy die stokkies vooraf week in water. Dit verhoed dat dit brand.

(bedien 6)


No comments :

Post a Comment