Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/06/2008

Bunny chow

Bunny chow is 'n eg Suid-Afrikaanse dis. Basies is dit kerrie wat in brood bedien word. Op die stadium is daar net eenstemmigheid dat dit in Durban begin het en dat dit as gevolg van Apartheid was wat nie nie-blanke eters in restaurante wou hê nie. Die oplossing was om 'n kwart brood uit te hol en die kerrie daarin te vervoer en uit te eet.

Sny 'n brood in vier en hol die kwarte uit.

1 ui
1 knoffelhuisie, in papierdun skywe gesny
5 ml komyn
5 ml borrie
10 ml kerrie
1 blikkie gekapte tamaties
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 blikkie gebakte bone
10 ml olyfolie
sout en varsgemaalde peper
1 groen rissie, fyn opgesny

Braai die ui en knoffel in die olie tot glaserig. Roer die soetrissie, rissie, komyn, borrie en kerrie by en braai vir nog een minuut. Gooi die tamaties en bone by en prut vir 15 minute oor lae hitte. Toets vir sout en peper.

Die tradisionele drankie saam met Bunny chow is Cream Soda.


(resep bedien 4)

1 comment :