Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/07/2008

Forel met macadamia-en-lemoenkors / Trout with Macadamia and Orange Crust

4 x 200 g forelfilette
10 ml macadamia-olie
125 ml macadamianeute, gekap
15 ml lemoenskil, gerasper
15 ml bruinsuiker
5 ml vars gemmer
15 ml vars koljander
5 ml sojasous
varsgemaalde sout en peper

Verf die vis met die olie en seël aan die een kant in 'n pan.

Meng die res van die bestanddele saam vir die kors.

Plaas die vis met die geseëlde kant na onder op 'n bakplaat en druk die kors op die bokant vas.
Bedek met kleefplastiek en hou in die yskas vir ten minste 30 minute.

Bak die onbedekte vis vir 10 minute teen 200ºC.

Bedien met noedels.

(bedien 4)

No comments :

Post a Comment