Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/07/2008

Gebraaide tuna met balsemasyn en port / Fried Tuna with Balsamic Vinegar and Port

(bedien 6)

olyfolie
2 ml sout
2 ml gemaalde swartpeper
olyfolie
2 ml gedroogde oreganum
250 ml sesamesaad
400 g sushi-kwaliteit tuna
250 ml balsemasyn
60 ml port

Kook die asyn en port saam tot dit begin stroperig raak en hou dan eenkant.

Meng al die bestanddele, behalwe die vis en olie, saam. Verf die vis met olie en bedek met die saadmengsel. Plaas die vis in 'n yskas vir ten minste 1 uur.

Seël die vis aan beide kante in 'n warm pan of op die rooster.

Bedien die vis warm saam met die sous. Moet nie die sous oor die vis gooi nie. Plaas eerder die vis op of langs die sous in 'n bord.

No comments :

Post a Comment