Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/06/2008

Kaas


Kaas is een van die oudste en mees natuurlikste maniere om melk te bewaar. Dit word normaalweg net so geëet, maar sedert die middeleeue word dit ook in ander geregte gebruik.

Bedien altyd jou kaas teen kamertemperatuur om te verseker die smaakervaring is optimaal.

Sommige kase het 'n skil wat die beweging van water, gasse en lug reguleer.

Die grootte en vorm van 'n kaas bepaal hoe jy dit behoort te sny. Klein ronde kase word net in die helfte gesny, terwyl die groottes in skywe, soos die van 'n koek, gesny word. Die driehoekige stukke kan jy in dun skywe sny.

Moet nie ooit jou kaas vries nie!

Bedien ryk kaas saam met gebraaide vleise. Jong kase komplimenteer weer sterk geure. Om die beste in jou bloukaas na vore te bring moet jy dit saam met soetwyn bedien.

Hier is 'n kort oorsig van die verskillende soorte kase:

Boursin
'n Franse kaas gegeur met knoffel en kruie.
Rasper dit oor jou bredies of bedien dit saam met vars brood.
Heerlik saam met 'n glasie saugvignon blanc.

Brie
Brie het 'n wit skil met 'n ryk sagte binnekant.
Geniet dit na ete of as 'n happie op sy eie.

Camembert
Die kaas het ook 'n eetbare wit skil en ryk sagte binnekant maar dit is harder as brie. Die romerige smaak verbeter met tyd.
Geniet dit na ete of as 'n happie op sy eie.

Cheddar
Cheddar is oorspronklik in Engeland gemaak. Dit is 'n ferm kaas met 'n gladde tekstuur en 'n geel-oranje kleur.
Die kaas is ideaal vir alledaagse gebruik.

Cheshire
Die ferm Britse kaas dateer terug na die 12de eeu. Die kaas moet sowat twee tot ses maande verouder.

Deense bloukaas
Deense bloukaas is baie meer kompleks en ryk as Roquefort. Die kaas is halfsag, wit met 'n netwerk van blou-groen aartjies en hier en daar is gaatjies. 'n Verskeidenheid voedselsoorte kan hiermee gegeur word.

Edam
Edam is 'n gladde geel kaas met 'n rooi skil en 'n ligte neutagtige nasmaak. Dit kan klein gaatjies hê.
Bedien saam met 'n vrugtige rooiwyn.

Emmental
Emmental, my liewe Watson, het 'n soet aroma van vars strooi en 'n effe belofte van hout en neute. Dit is 'n harde kaas met 'n dun skilletjie en groot gate.
Dit is geskik vir alledaagse gebruik en diegene met 'n voorliefde vir fondue kan maar die Emmental nader trek.

Feta
Nog iets waarvoor ons die Grieke dankbaar is. Feta! Dit is 'n baie gewilde kaas met 'n unieke smaak wat dit geskik maak vir slaaie, pasta, pizza en aartappels. Feta is 'n uitstekende bron van kalsium en proteïen. Dit is 'n half-sagte wit en effe sout kaas met 'n krummelrige tekstuur. Meeste Suid-Afrikaanse feta is nog te erg gesout. Jy sal jou tot 'n boutiquekaas moet wend vir kwaliteit.

Gorgonzola
Die storie loop dat 'n hebergier in die dorp Gorgonzola in Italië wat te veel kaas gehad het wat nie opgebruik is nie toe sit hy van die baie ou kaas voor om te sien wat gebeur. Sy kliënte het so baie van die kaas gehou dat hy dadelik meer moes maak om te verouder.
Gorgonzola is 'n bleek-geel kaas met blou aartjies.

Gouda
Gouda is vernoem na 'n dorp naby Rotterdam in Nederland.
Dit is 'n romerige harde kaas met 'n soet smaak.
Dit is een van die gewildste kase en kan op 'n verskeidenheid maniere aangewend word. Dit is uitstekend by vrugte.

Gruyère
'n Ferm komplekse kaas. Die skil is gewoonlik roesbruin.

Halloumi
Die eeuoue Griekse Halloumi is soortgelyk aan Mozzarella, net met meer smaak. Die beste ding van die kaas is jy kan daarmee maak net wat jy wil.

Havarti
havarti is 'n romerige kaas met 'n effense soet nasmaak.
Gebruik dit saam met brood of saam met 'n geurige rooiwyn.

Maasdam
'n Nederlandse kaas soortgelyk aan Emmental net soeter met 'n vrugtige nasmaak.
Ideaal vir ontbyt of wanneer jy ook al lus vir kaas is.

Maaskaas
Normaalweg word dit van afgeroomde melk gemaak. Dit bevat heelwat kalsium, maar minder vet as ander kase.
Dit is heerlik saam met brood, slaaie en vrugte.

Mascarpone
Mascarpone is eintlik meer room as kaas.
Gebruik dit in souse of nagereg. Dis hemels op 'n gebakte aartappel of tradisioneel gestoofde vrugte.

Mozzarella
Mozarella het nie veel smaak nie en ook nie veel vet nie. Dit laat die bestandele wat daarmee saam gebruik word tot hul reg kom. 'n Alternatief is om die Mozarella te geur met varsgemaalde swartpeper, olyfolie en / of kruie.
Gebruik dit op pizza, roosterbrood of slaai. Dit kan ook diepgebraai word.

Parmesan
Hierdie harde strooikleurige Italiaanse kaas is baie gewild in Suid-Afrika.
Dit word meesal gerasper en gebruik in Italiaanse disse of saam met groente.

Pecorino
Pecorino is een van die wêreld se oudste kase en dateer uit die tyd van die Romeine. Die metode en voorkoms is soortgelyk aan Parmesan, maar bokmelk word hoofsaaklik skaapmelk is oorspronklik hiervoor gebruik.
Rasper Pecorino of sny dun skaafsels af.
Dit is uitstekend saam met enige wyn.

Provolone
Provolone word normaalweg gebruik as 'n plaasvervanger vir Mozzarella.
Hoe langer dit verouder hoe sterker raak die geur.
Dit kan alleen gebruik word of in slaaie.

Raclette
Raclette is 'n ryk Switserse kaas. Dit moet nie verwar word met die gereg met dieselfde naam nie.

Ricotta
Ricotta word van gekookte melk gemaak en het 'n ligte romerige, krummelarige tekstuur. Dit is gewild vir vulsels, maar werk ook goed saam met groente.

Roquefort
Nie almal geniet die intense saam van dik romerige roquefort nie.
Die kaas is hemels in slaai en souse.

Stilton
Die kaas is vernoem na 'n dorpie in Brittanje, maar word nie daar gemaak nie.
Bedien dit saam met port na ete.

Taleggio
Die Italianers het die kaas oorspronklik gemaak van die melk van moeë koeie.
Die geur van Taleggio wissel, maar dit het altyd 'n sterk aroma.

1 comment :

  1. Pecorino is eintlik skaapmelk eerder as bokmelk.

    ReplyDelete