Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/20/2008

Sarie 5


Die titel vul 'n leemte vir diegene van ons wat hou daarvan om eerlike kos met 'n moderne aanslag te maak - lekker kos wat met die eerste proeslag geluksaligheid oor die gemoed bring.

Resepte wissel van flatervrye staatmakers soos Pampoenkoekies en Sjokolademousse tot Tamatie-broodsop en Tagliatelle met gerookte salm en tamatie. En die bonus van so 'n kookskat? Al die resepte in Sarie 5 verg net vyf bestanddele van jou en verg nie die wêreld se tyd nie. Die klem op vyf bestanddele is egter net Barbara Joubert se rigtingwyser, want sy glo elke persoon moet sy of haar reg hê om van die resepte af te wyk om meer bestanddele by te sit of sommiges uit te laat. Die titel weerspieël Barbara se oortuiging dat kook die lekkerste vorm van demokrasie is wat sy ken!

Elke hoofstuk bevat resepte wat gepas is vir winter- of somermaande, maar laat jou toe om te besluit waarvoor jy lus het. Barbara se manier van kosmaak is om dinge te vereenvoudig, sonder om die essensie of smaak van 'n gereg prys te gee. Probeer gerus haar resep vir die lekkerste hoenderpasteie of die perfekte geroosterde aartappels.

1 comment :

  1. Sarie 5: Wat 'n wonderlike Resepteboek! Alles lyk heerlik en redelik maklik en vinnig om te maak - dis dan net 5 bestanndele, hoe dan anders?

    ReplyDelete