Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/08/2008

The Silver Spoon


The Silver Spoon is Italië se invloedrykste en gewildste kookboek. Dit is oorspronklik in 1950 gepubliseer en was oornag 'n treffer. Tot op hede is reeds meer as een miljoen kopieë verkoop. Dit word as onmisbaar beskou in huishoudings en is een van die gewildste trougeskenke.

The Silver Spoon was die idee van Domus, die bekende ontwerp- en argitektuurtydskrif wat vanaf die 20's tot die 70's onder bestuur van die bekende Gio Ponti was. 'n Groep kenners is opdrag gegee om honderde tradisionele Italiaanse resepte te versamel wat beskikbaar gestel kan word aan die breë publiek.

Elke resep word vergesel van 'n voorstel vir wyn.

The Silver Spoon is nou vir die eerste keer ooit vertaal uit Italiaans en is onmisbaar op jou rak langs The Joy of Cooking en Larousse Gastronomique.

No comments :

Post a Comment