Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/08/2008

Suiker

Een van die mees kontroversieële sake in die kosbedryf is suiker. Die gesondeheidsbewustes reken dit is suiker wat jou gewig laat aansit en die suikerbedryf reken weer nee, dit is nie. Vandag gee ek aandag aan die suikerbedryf se weergawe.

Die data wat gebruik word om te bepaal of mense oorgewig is of nie het hulle oorsprong in data wat bymekaar gemaak is tussen 1934 en 1954 deur sowat 11 miljoen polishouers in Noord Amerika te weeg. Indien mens 20% meer as die norm weeg word jy sumier as oorgewig beskryf. Maar die tabelle het nie tred gehou met tyd nie. Die Britse weermag het bevind dat die soldate wat is 1975 by hulle aangesluit het was langer en het 50% meer geweeg as die soldate wat aangesluit het in 1945. Hierdie veranderinge is nooit in die tabelle aangeneem nie.

Suiker bevat 4 kilogram kalorieë per gram, vet bevat 9 kilo kalorieë en alkohol 7 kilo kalorieë. As mens na die syfers kyk dan is suiker ver van die sondebok af. Om suiker uit jou dieet te neem gaan nie so ´n groot impak hê as wat die uitlating van vet of alkohol gaan hê. ´n Studie het getoon dat mense wat oorgewig is minder suiker gebruik as hulle minder swaar ewe knieë nie.

Die oorsake van hart aanvalle is ´n paar jaar gelede gesien as oorgewig, suikersiekte, hoë bloeddruk, hoë kolestrol, rook en spanning. ´n Leidende hartspesialis met meer as 30 jaar se ondervinding in die gebied het gesê dat dieet ´n faktor is met hartaanvalle maar dit is nie die hoof risiko faktor nie.

Daar is verskeie studies gedoen oor die invloed van suiker op hartaanvalle. Dr R Doll van Oxford het bevind dat suiker in ´n mens se dieet nie ´n groot of spesefieke faktor is in hartaanvalle nie.

In 9 lande is daar navorsing gedoen oor tandbederf. Daar is bevind dat tandbederf met 15% tot 60% afgeneem het in lande wat floried in hulle drinkwater sit. Suikerinname het kosntant gebly. Dit bewys dat suiker nie die oorsaak is van tandbederf nie maar wel ´n tekort aan floried.

Vyf jaar gelede het twee Argentynse dokters ´n tiener dogter se septiese wond behandel na afloop van ´n operasie. Geen antibiotika het gewerk nie. Een van die dokters het onthou van ´n ou raat wat hy gehoor het, en dit was om suiker op die wond te gooi. Radeloos het hulle die suikerpot nader gekry en suiker oor haar wond gegooi. Hulle het twee weke met die behandeling aangegaan en die dogter het gesond herstel.

Die dokters was natuurlik in ekstase oor hulle fonds en het aangehou om pasiente met die nuwe wondermiddel te behandel. Wat basies gebeur is dat die suiker die vog uit die wond trek. Al wat in die wond oorbly is hoë konsentrasies van sout. Die organismes vreet die sout en vrek dan van die dors.

Ek is oortuig dat suiker nie die swartskaap in die familie is nie. Ons moet maar eerder kyk na ander maniere om maer te word as om te kyk na suiker uitsny. Suiker is ´n bron van energie en gesondheid.

deur Frik Lombard

No comments :

Post a Comment