Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/20/2008

Troepe-koekies / Anzac-koekies / Anzac Biscuits

Die Anzac staan vir Australia / New Zealand Army Corps.

1 koppie koekmeel
1 koppie klapper
1 koppie hawermout
twee-derde koppie bruinsuiker
knypie sout
125 g ongesoute botter
1 eetlepel goue stroop
½ teelepel koeksoda
2 eetlepels kookwater

Meng meel, klapper, suiker en hawermout goed. Smelt botter in klein pannetjie en meng koeksoda en water by en gooi stroop by bottermengsel. Gooi by droë mengsel en meng goed. Voer bakplaat uit met bakpapier. Rol teelepels vol deeg in klein balletjies en sit op bakplaat. Ver genoeg van mekaar sodat koekies nie ineen loop nie. Bak vir 15 tot 20 minute tot gaar by 180°C. Laat in bakplaat afkoel.


1 comment :

  1. Anonymous11/2/09 14:44

    Ek het baie jare terug 'n koekie resep in die "YOU MAGAZINE" gekry wat room
    in die beslag gehad het. Dit is 'n uitrol koekie resep, wat in die vorm van
    sterre gerol word, dan in gekleurde suiker kristalle gedruk word en dan
    gebak word. Ek is dringend op soek na die resep aangesien myne verlore graak
    het. Hierdie resep is egter so lekker. Die koekie smelt weg in jou mond!

    ReplyDelete