Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/07/2008

Tuna Carpaccio

600 g tuna van sashimi-gehalte, papierdun gesny
12 kraakvars radyse, papierdun gesny
1 koppie gekookte cannelloni boontjies
3 eetlepels Dijon-mosterd
125 ml olyfolie
70 ml vars suurlemoensap
3 salotte, fyn gekap
Maldonsout
vars gemaalde swartpeper

Meng die mosterd, olie, sap, salotte en peper om 'n sous te maak.
Meng die boontjies met die sous.

Pak die vis uit op 'n bord, sprinkel sout oor en drup die sous oor. Sorg dat die boontjies om die vis lê. Gooi die radyse bo-oor.

(resep bedien 4 persone)

No comments :

Post a Comment