Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/15/2008

Vrugtekelkietert

1 blik vrugtekelkie
2 koppies bruismeel
1 koppie suiker
2 teelepels koeksoda
1 teelepel sout
2 eiers

Klits die eiers en suiker tot dit lig en sponserig is. Voeg nou die vrugte en sap by. Vou die gesifte droë bestanddele by. Bak teen 180ºC vir 35 minute.

Kook die volgende bestanddele saam vir 3 minute om die sous te maak wat jy oor die tert gooi:
1 koppie suiker
1 koppie fyn klapper
50 ml botter
250 ml ingedampte melk
1 teelepel vanielje

1 comment :

  1. Ek wag vir my ma om wakker te word in London vir die resep. Ek onthou die tert van kleins af!!! Dit is Sondag middagete in Australie en ek bak altyd die dae iets lekkers vir teetyd in die middag. Ek was SO bly om die tert hier te kry. Baie dankie en ek weet dit gaan LEKKER wees.
    Dankie,
    Elouise

    ReplyDelete