Loading

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.


Bees | Braai | Brood | Bier | Drankies | Eend | Eier | Fisant | Gans | Groente | Haas | Hoender | Inlê | Kaas | Kalf | Kalkoen | Koek | Koekies | Konyn | Krokodil | Lam | Nagereg | Pasta | Patrys | Rys | Seekos | Skaap | Slaai | Sop | Souse | Tarentaal | Vark | Vegetaries | Vis | Vleis | Vrug | Volstruis | Wild

Ontbyt | Peuselhappie | Voorgereg / Entrée | Hoofgereg | Bykos | Slaai | Nagereg | Drankies | Wyn

Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

Suid-Afrikaans | Amerikaans | Argentyns | Brasiliaans | Chinees | Duits | Egipties | Engels | Frans | Grieks | Hongaars | Indies | Indonesies | Israelies | Italiaans | Japanees | Joods | Kameroens | Kanadees | Karibies | Kongolees | Koreaans | Kreools | Kubaans | Libanees | Libies | Maleisies | Maltese | Marokkaans | Mexikaans | Mosambieks | Nederlands | Nigeries | Noorweegs | Oostenryks | Persies | Peruaans | Pools | Portugees | Russies | Skots | Spaans | Sweeds | Switsers | Thai | Turks | Viëtnamees | Vlaams | Wallies
| Wes-Indies


 

Teken in op ons maandelikse nuusbrief:

11/18/2008

Platsak hoenderpastei

Kors:
1 koppie meelblom
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
¼ koppie botter
1 ekstra groot eier
1 eetlepel olie

Vulsel:
750g gaar hoender
3 teelepels olie
2 klein uie, fyngekap
2 koppies gaar rys
2 koppies melk
4 ekstra groot eiers
2ml gedroogde oreganum
100ml mayonaise
knippie rissiesout
sout en peper na smaak
1 koppie cheddar, opsioneel

Voorverhit oond tot 200ºC. Smeer tertbord.

Kors: Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Klits olie en eier saam. Voeg meelmengsel by en meng deeg. Bedek met kleefplastiek en sit in yskas vir 20 minute.

Sny hoender in stukkies en sit eenkant. Verhit olie en soteer ui daarin tot sag. Voeg hoender en rys by en roer deur. Haal van hitte af en voeg al die ander bestanddele by, behalwe kaas. Rol deeg uit en voeg tertbord met deeg. Prik die tertkors met vurk. Bak vir 10 minute in oond. Voeg vulsel in kors en gooi kaas oor. Bak vir 30 minute en laat staan vir 5 minute voor u inskep.

No comments :

Post a Comment