Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/19/2008

Aartappel- en ertjiekerrie / Potato and Pea Curry

Jy kan 4 mense bedien met die resep en jy het die volgende nodig:
2 eetlepels botter
1 opgesnyde ui
2 teelepels borrie
2 teelepels gemaalde komyn
2 teelepels gemaalde koljander
´n kwart teelepel kerriepoeier
2 lourierblare
1 blikkie geskilde tamaties
450 g geskilde aartappels, in kwarte gesny
300 ml water
300 g gevriesde ertjies

Smelt die botter in ´n kastrol en braai die uie tot dit sag is. Roer dan al die speserye by en voeg die res van die bestanddele by. Bring tot kookpunt, draai dan die hitte af, sit ´n deksel op en kook stadig vir 15 minute.

Bedien saam met rys.

No comments :

Post a Comment