500 ml (2 k) bruin druiwe asyn
750 ml (3k) suiker
6 k gaar beet, geskil en gerasper
2 groot uie, fyn gekap
15 ml kerriepoeier
5 ml sout
45 ml mazena, gemeng met bietjie koue water
Meng suiker en asyn. Voeg kerriepoeier en sout by. Verhit oor lae hitte en roer totdat suiker gesmelt is voordat dit begin kook. Bring tot kookpunt en voeg beet en uie by en prut nog 5 min. Voeg mazena by en kook goed deur. Skep warm beet in skoon, warm flesse.
Lewer 2 liter blatjang.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment