500 g vars of bevrore broccoli
12,5 ml margarien
1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
1 blik (410g) sampioenroomsop
1 blik (285g) gesnyde sampioene, gedreineer
1 botteltjie (170g) soetmelk kaassmeer (melrose of nestle)
5 ml worcestersous
30 g (125 ml) vars broodkrummels
paprika
klontjies margarien
Sny broccoli kleiner as dit in groot stukke is. Kook dit net tot sag in kokende soutwater en dreineer.
Voorverhit oond tot 180 °C (350 °F).
Smelt margarien in ´n kastrolletjie en braai ui en knoffel daarin tot sag.
Voeg sop, sampioene en kaassmeer by en verhit oor matige hitte totdat kaas gesmelt het.
Voeg Worcestersous by en meng.
Rangskik broccoli in ´n oondvaste bak en skep sous oor.
Strooi broodkrummels bo-oor en dan paprika.
Stip met margarien.
Bak 20 minute sonder ´n deksel.
Sit warm voor.
Lewer 6 - 8 porsies.
Resep: Chantelle Geldenhuys
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
12/02/2008
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment