Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/08/2008

Braai


Braai – 166 moderne resepte om te deel met familie en vriende is ’n wye versameling byderwetse braairesepte vir vandag se leefstyl. Braai is deel van die Suid-Afrikaanse lewenswyse en ’n groot gunsteling as dit kom by familie en vriende onthaal

Of jy nou ’n oop vuur, ’n braaiketel of gasbraaier verkies, dié resepte gaan jou aanspoor om uit te kom en die vars lug en puik plaaslike produkte ten beste te geniet. Die eenvoudige uitleg, lieflike foto’s en maklike aanwysings maak van die boek ’n heerlike, nuttige hulpmiddel wat ewe veel inslag sal vind by groentjies en ervare braaiers.

Hilary Biller was meer as 11 jaar lank The Star se ‘Angela Day’ voor sy as kosredakteur en -skrywer by The Sunday Times aangesluit het. Sy is ook die skrywer van Stap vir stap kookboek en Bak sonder moeite – 101 resepte (saam met Jenny Kay en Elinor Storkey), wat ook deur Struik uitgegee is.

Elinor Storkey is ’n raakvatter-lid van The Star se Angela Day-span wat lesersnavrae beantwoord, resepte ontwikkel en help met kookklasse en -demonstrasies. Sy het ’n gevorderde Cordon Bleu-sertifikaat in Londen verwerf.

Jenny Kay het grootgeword in ’n gesin vir wie kos ’n lewenswyse was. Sy was jare lank betrokke by The Star se Angela Day-kombuis, waar sy onder andere klas gegee het.

No comments :

Post a Comment