Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/11/2008

Spinasiepastei / Spinach Pie

Kors:
½ pakkie yeast
50 g botter
200 ml melk
1 t sout
1 t suiker
600 - 700 ml meel

Krummel die suurdeeg (koekie) in 'n beker.
Smelt die boter in 'n kastrol.
Voeg die melk by en warm op tot bloedwarm.
Gooi 'n klein bietjie van die meelmengsel by die suurdeeg en roer tot dit los is.
Voeg die res van meel, sout, suiker en res van die meel by.
Knie die deeg tot dit los van die kante van die skottel is.
Laat 30 min rys.

Vulsel:
250 g vars tongvis (ontbeen en sonder vel)
1 pak 250 g grof gesnyde spinasie (gevries)
1 e botter
1 - 2 knoffelhuisies
1 t sout
100 ml vars room
1 t mosterdpoeier
½ t suurlemoenpeper

Kook die vis in soutwater vir 5 minute.
Ontdooi spinasie halfpad.
Braai die spinasie in die botter totdat al die vog weggekook het.
Voeg die sout en knoffel (deur press gedruk) by en laat afkoel
Voeg die vis suurlemoenpeper en room by en meng versigtig by die spinasie in.
Knie die deeg af en rol uit 24 x 48 cm.
Sny in vierkante van 12 x 12cm.
Skep van die vulsel op een helfte van die deeg en vou oor in 'n driehoek.
Verf oor met geklitste eier en bak op 'n vlak bakplaat by 250ºC vir ongeveer 12 min.

Bedien met koue slaai.

(8 porsies)

Nagereg wenk:

Voeg 'n ekstra 2 e suiker, 1 t kaneel en 1 t fyn kardemom by die deegvulsel vir nagereg.
Sny 2 - 3 appels in klein blokkies en voeg ½ koppie gekapte neute daarin. (kan met rosyne afgewissel word)
Meng ½ k bruinsuiker by die appel.
Gaan te werk soos met die pasteie.
Strooi versiersuiker bo-oor.
Bedien met vanieljeroomys.

Hierdie resep vries goed en kan suksesvol op gewarm word in n 200ºC oond vir 'n paar minute voordat dit bedien word.

bydrae: Johanna Lödveteig

No comments :

Post a Comment