Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/02/2008

Die volledige swangerskapkookboek

Een van die belangrikste bydraes wat jy tot jou kind se gesondheid kan maak, is om tydens jou swangerskap reg te eet.

Die volledige swangerskapkookboek sal jou help om in hierdie tyd die regte keuses te maak en gesond te eet.

Die outeur, is 'n kenner op die gebied van swangerskapvoeding en met die spyskaartidees en resepte in die title, maak sy dit maklik om reg te eet.

Verder bevat die title ook baie praktiese wenke en raad om jou in elke fase van jou swangerskap te help. Meer as 100 maklike resepte wat al die nodige voedingstowwe vir jou swangerskap en borsvoeding sal voorsien. Spyskaartidees vir elke fase van jou swangerskap is uitgewerk om aan te pas by jou veranderende voedingsbehoeftes.

Verder is daar ook wenke wat jou sal help om die algemene probleme van swangerskap, soos naarheid en sooibrand, beter te hanteer.

Resente inligting word verskaf oor alle aspekte van voeding, van die hoeveelheid kilojoules om in te neem, tot watter kossoorte om te vermy. Goeie raad word gegee om in alle situasies die regte koskeuses te maak, of jy nou uiteet, met vakansie gaan, of etes by die werk moet beplan.

No comments :

Post a Comment