Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/01/2008

Wenke vir Kersfees - spyskaart, kleurskema, tafel, plekke, kerse, glase, klappers, plekname


Kersfees is op hande en ons deel graag 10 wenke wat jou Kersete of -partytjie 'n onvergeetlike ervaring sal maak. Dankie aan Petro van der Westhuizen en ander vir die praktiese raad. Die spyskaart vir 'n Kersete is saamgestel deur Petro.

  • Die belangrikste wenk is : Kies 'n kleurskema. Sorg dat al jou versierings hierby inskakel.


  • Koop of maak lang blikke bymekaar wat kan dien as blompotte. Sny oase om in die bekke te pas en vul hulle met jou gunsteling kleur rose. Rangskik die rose styf teenmekaar. Sit die blomme op die punte van die tafel. Moet nie eetgerei op die punte dek nie. Dit bring jou gaste nader aan mekaar. Jy kan hierdie tema uitbrei deur kleiner blikke te koop om orals rond te sit met rose in. Sit net hier en daar 'n groen stewige loof in. Dit skep 'n fantastiese atmosfeer.


  • Dek elke plek aan jou tafel met verskillende wynglase. Bedien ook sap en water in hierdie glase.


  • Drie of vier borde met verskillende groottes kerse op jou tafel lyk baie mooi. Hou by een kleur kerse.


  • Bedien jou voorgereg in interessante bakkies eerder as kleinbordjies.


  • Draai rooi lint om alles waar jy kan. Verras almal met 'n mooi, rooi lint om jou nek.


  • Haal uit jou glasware. Stal jou glasware oral in jou onthaalarea uit. Plaas dit op verskillende hoogtes en vul dit met Kersversierings.


  • Almal hou van klappers. Kies klappers so dat dit by jou kleurskema pas. Rangskik dit in 'n melkemmer of ander interessante houer en plaas dit by jou voorgeregte.


  • Maak plekname met versierings wat geskik is as vir Kersbome. So kan jou vriende en familie dit huis toe neem en die hele seisoen aan die geleentheid herinner word.


  • Maak die dag 'n onvergeetlike ervaring deur te fokus op jou gaste se positiewe eienskappe.



Spyskaart

Voorgeregte
Sampioene met hoenderlewer / Mosselsop

Hoofgeregte
Pienk kalkoen kebabs
Volstruisfillette met rooikerrie

Bykosse
Pampoenkoekies
Blomkool met kaassous
Gebakte aartappel
Jasmynrys / Koeskoes op klein pannekoekies
Uitpakslaai / Piesang-en boontjieslaai

Nagereg
Pere in stroop met kaneelroom / Vrugte Brûlée

No comments :

Post a Comment