Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/02/2008

Sampioene met kruiesous / Mushrooms with a Herb Sauce

40 g botter
1 knoffelhuisie
750 g sampioene in stukke gesny
1 eetlepel gekapte pietersilie
1 eetlepel gekapte basiliekruid
1 eetlepel meel
1 eetlepels droë witwyn
150 ml room
sout
peper

Smelt die botter in ´n pan.
Gooi die knoffel in en braai bruin.
Voeg nou die sampioene by en kook oor lae hitte vir 20 minute.
Gooi die helfte van die kruie by en roer die meel by terwyl dit kook vir sowat 3 minute.
Voeg die wyn gelydelik by tot die sous mooi glad is. Laat kook vir nog 3 minute.
Voeg nou die room, sout en peper by.
Sprinkel die res van die kruie bo-oor.

Bedien saam met Franse brood.

No comments :

Post a Comment