Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/03/2008

Warm aartappelslaai / Warm Potato Salad with Bacon

As jy nou jou man se tone wil laat krul van lekker, dan moet jy hierdie warm aartappelslaai maak saam met sy braaivleis.

6-8 groot aartappels
1 pakkie spek, gesnipper
125 mℓ sonneblomolie
2 uie, gekap
125 mℓ blatjang
125 mℓ asyn
15 mℓ mielieblom
250 mℓ melk

Kook die aartapels in die skil in soutwater tot gaar. Trek skille af en sny dobbelsteentjies. Braai die spek in 25 mℓ van die olie tot gaar, skep oor aartapels. Sorteer die uie in die uitgebraaide vet van die spek, voeg die oorblywende 100 mℓ olie, blatjang en asyn by en kook vir ongeveer 2 minute oor matige hitte, sonder 'n deksel. Meng die mielieblom en melk, giet dit stadig by die uiemengsel terwyl jy dit terselfde tyd vinnig roer. Roerkook die uiesous 2 minute. Meng die uiesous en aartappels met spek liggies. Bedien die aartappelslaai warm.

Lewer 6 porsies.

BON APPETITE!

Hierdie resep van aartappelslaai met bacon is van Hes Coetzee.

No comments :

Post a Comment