Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/07/2009

Lasagne


1 kg maalvleis
4 blikke geskilde tamaties
1 blikkie tamatie puree
2 lourierblare
Handvol basiliekruid
2 Uie
Botter
500 g meel
Melk
Neutmuskaat
Sout
Peper
Lasagna velle
Pegorino kaas

Druk die tamaties deur ´n sif. Braai die uie tot goudbruin, voeg dan die vleis by en braai tot bruin. Voeg die res van die bestandele in die pot en kook teen ´n lae hitte vir 2 ure Vir die witsous het jy nodig ´n halwe kilogramm meel, botter, melk, neutmuskaat, sout en peper. Meng alles in ´n pot tot jy ´n dun sous het. Kook dan teen ´n lae hitte vir 2 ure.

Skep eers die vleismengsel in die bak, dan die witsous en dan die pasta. Maak lae en bedek met die kaas. Bak teen 180 tot kaas gesmelt en goudbruin is.


Resep 2

250 g spinasienoedels
12,5 ml kookolie
1 ui, gekap
12,5 ml margarien
500 g maalvleis
sout en peper
1 blikkie (115g) tamatiepasta
30 ml suiker
1 pakkie sampioensouspoeier
250 ml melk
*** 500ml (2 x 250ml) basiese witsous
125 g gerasperde cheddarkaas
1 eier

Kook die spinasienoedels sag in soutwater waarby die kookolie gevoeg is. Dreineer en hou eenkant. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
Braai die ui in die margarien. Voeg die maalvleis by en roer tot amper gaar. Voeg sout en peper na smaak by. Meng die tamatiepasta met die suiker en voeg by die vleis. Roer goed. Meng die souspoeier met 125 ml van die melk. Giet by vleismengsel en roer. Smeer ´n oondskottel.
Skep ´n laag spinasienoedels in die skottel, gevolg deur ´n laag maalvleis, witsous en kaas. Herhaal die lae.
Klits die eier met die res van die melk en giet bo-oor. Bak 30 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.

2 comments :

  1. Replies
    1. Anonymous21/8/13 12:36

      The first one looks like 6 persons, the second one 4.

      Delete