7 koppies Nutty Wheat
2 koppies Koekmeelblom
3 eetlepels rondvol Bakpoeier
+- 500 ml Karringmelk (Kan gewone melk aansuur met 2 eetlepels asyn) 500 g Margarine - Stork
1 en ´n half koppie Suiker
2 teelepels Sout
Smelt die botter en suiker. Voeg Karringmelk by. Meng droë bestanddele goed (Die nutty Wheat sif moeilik).
Meng die twee mengsels baie goed (nie knie nie), werk goed deur.
Maak langwerpige beskuitjies so groot soos ´n man se duim, plaas in ´n plat koekpan en bak vir een uur by 180 grade. Droog uit.
Resep: Marietjie Janse van Rensburg
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
1/22/2009
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment