500 ml bruismeel
150 ml kookwater
125 ml kookolie
sout
Gooi alles saam in 'n houer en skud. Smeer op pan. Smeer tamatie en uie smoor bo-oor en dan die vulsel van jou keuse. Strooi mildelik kaas oor en bak tot gaar.

Die maklikste pizzadeeg is die wat jy by jou supermark koop.
Plaas die deeg op 'n bakplaat, smeer met olyfolie en bak teen 260°C vir 5 minute.
Haal uit en maak jou pizza verder, plaas terug en bak tot die kaas gesmelt is.
Resep 3
Elise Vorster
4k koekmeelblom
1 pakkie kitsgis
10ml sout
30ml suiker
lou warm water (omtrent 500ml)
Meng al die droeë bestandele saam. Voeg klein hoeveelhede water geleidelik by en meng gedurig tot ´n sagte deeg vorm.
Gebruik dan die hande en knie die deeg to glad en elasties - hoe langer jy knie, hoe lekkerder die deeg. Laat staan vir 30min en rol dan pizza -grootte stukke uit. Jy kan dit nogal regtig DUN maak, dis hoekom ek hiervan hou.
Die deeg kan ook oornag in die yskas gehou word en dan vetkoeke van gemaak word.
resep: Sakkie Smith
(foto Jon Sullivan)
No comments :
Post a Comment