Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/29/2009

Varktjops en koffie / Pork Chops and Coffee

(bedien 6)

1,5 kg varktjops
koekmeelblom, met sout en peper gegeur
kookolie 2 uie, in skywe gesny
25g (30 ml) margarien
30 ml kitskoffiepoeier
250 ml kookwater
250 ml asyn (ek gebruik omtrent ´n halwe koppie)
125 ml gouestroop
10 ml Bisto
sout en peper na smaak

Keep die vetrande in van die varktjops. Rol die tjops in die gegeurde koekmeelblom totdat hulle goed daarmee bedek is. Braai die tjops aan weerskante tot goudbruin in net genoeg kookolie om die boom van die pan te bedek. Pak die tjops in ´n groot oondkasserol.
Braai die uie in die margarien tot sag. Los die koffiepoeier in die kookwater op en voeg dit by die uie saam met die asyn, gopuestroop en souspoeier wat met ´n klein bietjie water aangemaak is.
Geur dit met sout en peper en laat dit opkook; verdik die sous met ´n bietjie mielieblom wat met koue water aangemaak is indien jy van ´n dikker sous hou.
Gooi die koffiesous oor die tjops. Sit die deksel op, plaas die kasserol op die middelste rak in die oond, stel die oond op 150 °C en bak dit ´n uur of totdat die tjops lekker sag is. Dien hulle warm op.

Resep: Chantelle Geldenhuys

No comments :

Post a Comment