Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/13/2009

Salm in kruie en koerant / Salmon in Herbs and Newspaper

(bedien 6 persone)

1 salm met die skubbe af en die binnegoed uit
sout
vars gemaalde swart peper
olyfolie
4 handevol kruie (pietersilie, vinkel & basillie)
´n koerant
2 suurlemoene in dun skyfies gesny
6 sprietuie, gekap

Vryf die sout, peper en olyfolie binne en buite die vis en stop met die helfte van die kruie. Maak jou koerant in die middel oop en sit jou vis daarop. Sit die suurlemoene, sprietuie en die res van die kruie op die vis. Sprinkel nog olyfolie bo-oor en vou styf toe in die koerant. Bind dit vas met tou. Maak die spulletjie goed nat onder ´n kraan en sit in ´n 220°C oond vir 35 minute of op jou vuur vir 25 minute.

Bedien saam met aartappels, ´n groenslaai en mayonnaise.

No comments :

Post a Comment