Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/12/2009

Spaghetti Bolognaise

½ pak (250g) spaghetti
1 ui, gekap
15 ml margarien
500g mince
1 pakkie tamatieroomsoppoeier
37,5 ml tamatiesous
25 ml chutney
12,5 ml worchestersous
1 klein blikkie (170g) ideal melk (ek gebruik gewone melk)
250 ml koue water
gerasperde kaas

Kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pak. Dreineer en hou eenkant warm.
Braai intussen die gekapte ui liggies in die margarien in ´n kastrol tot goudbruin. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.
Roer af en toe sodat die mince nie klonte vorm nie.
Meng die res van die bestanddele, behalwe die kaas, en voeg by die mince. Roer goed deur en kook nog 15 min oor lae hitte.
Sit voor op die gaar spaghetti en strooi gerasperde kaas oor die mince mengsel.

Lewer 4 - 6 porsies

Resep: Chantelle Geldenhuys

No comments :

Post a Comment